Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Oostenryk |
Deelstaat | Stiermarke |
Koördinate | 47°4′N 15°26′O / 47.067°N 15.433°O |
Stigting | 1128/29 (eerste verwysing) |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 127,56 vk km |
Hoogte bo seevlak | 353 m |
Bevolking: | |
- Totaal (1 Januarie 2016) | 280 200 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 196,6/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 |
Burgemeester | Elke Kahr (KPÖ) |
Amptelike Webwerf | Stadt Graz |
Graz [graːts] (Sloweens: Gradec IPA: /gra.deʦ/), is die tweede grootste stad in Oostenryk naas Wene met 'n bevolking van 280 200 (soos op 1 Januarie 2016) en is die hoofstad van die federale staat van Stiermarke (Steiermark in Duits). Die stad het 'n lang tradisie as studentestad met vier universiteite en meer as 40 000 studente. Graz se historiese binnestad is in 1999 as 'n Unesco-Wêrelderfenisgebied verklaar. In 2003 was Graz die enigste kultuurhoofstad van Europa.
Die stad is aan die Murrivier in die suidooste van Oostenryk geleë en is ongeveer 2,5 uur suid van Wene per trein of 2 uur per motor. Die stad word aan drie kante deur lae heuwels begrens.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search